Wie sit hier langs my? (Taxistrips)

Dis half agt die oggend, die son skyn al skerp in jou oë en die taxi’s staan almal in ’n ry, reg om jou te neem na die show wat jy wil kyk.

“Kan ek asseblief sommer ‘n weekkaartjie kry vir die taxi’s”

“Sekerlik, mevrou. Hier is ook ‘n kaartjie vir die Taxistrips wat deel is van die Byderhand-projek.”

“Dankie, maar ek is onseker wat ek nou hiermee moet maak?”

“Mevrou, skandeer die QR-kode agter op die kaartjie om meer te lees oor die Taxistrips en Byderhand. Terwyl mevrou wag, lees die Hoe-maak-mens-plakkaat vir Byderhand.”

“Interessant, dankie.”

taxis_zoe   BH_taxi_web_2

Ja, jy het reg gesien, by die opklimpunt is daar ‘n “So-maak-mens-plakkaat”, laai ‘n  QR-kode leser af, skandeer die QR-kode en gesels saam op Byderhand 2015 se Facebook-, Instagram- en Twitter-rekening. Moenie vergeet om #Taxistrips by te voeg nie. In die taxi’s is daar verskillende karakters wat langs jou op die taxi kan sit. Khayalethu Mtshali is die kunstenaar van die karakters wat jy kan versamel. Om seker te maak jy ontmoet al 15 karakters, leer die name van die vriendelike drywers en ry deur die week op ‘n ander taxi.

taxi_binne   taxi_groet

Jy het nie ‘n weekkaartjie nodig om deel te wees van die projek nie. Indien jy ʼn kaartjie het vir die taxi dan kan jy ook die QR-kodes op die bankie wat voor jou is, skandeer en kyk wie jy ontmoet. Hierdie skep ook die geleentheid om ‘n geselsie aan te knoop met die persoon langs jou. Dalk kan hy/sy jou help met die tegnologie as jy self nog nie seker is nie. Dit is altyd lekker om nuwe mense te ontmoet tydens so ‘n feestelike geleentheid. Dit dra by tot ‘n lekker ervaring en jy geniet ook die rit in die hitte sommer meer. Kyk ook uit vir die Byderhand-helpers om jou dalk te help en te verduidelik oor hoe die hele projek werk.

   taxi_bestuurders

Spring in en kom deel in die eksperimentele projek, ‘n interaktiewe leeservaring. Die #Taxistrips is die skakelroete na die ander dele van dié projek – die #Tuinverse by die Botaniese Tuine, die #Rusplekstories by die Boeke-oase en die #Dwaalverhaal by Hoër Tegniese Skool.

  • DJ Cloete – projekassistent Taxistrips
Advertisements