Rusplekstories-skryfkompetisie saam met De Jonge Akker

Studente en personeel van die NWU word genooi om deel te neem aan die Byderhand en De Jonge Akker Rusplekstories-skryfkompetisie 2018.
– ‘n Projek deur die Vakgroep Skryfkuns.

rus_banner

Besoek De Jonge Akker en lees ‘n Rusplekstorie op jou selfoon.

Skryf ‘n kortverhaal wat op die kampus of elders in Potchefstroom afspeel en lees jou eie verhaal in De Jonge Akker!

  1. Daar is ses kategorieë/temas wat aandui waar die verhaalgebeure moet afspeel, naamlik: De Jonge Akker; Studentesentrum; die kampus; die Bult; die akkerlaan; Potchefstroom.
  2. Die skryfkompetisie word vanjaar (2018) drie keer aangebied. Sluitingsdatums vir elke afsonderlike rondte: 30 April; 30 Junie; 30 Augustus.
  3. Kortverhale mag hoogstens 1500 woorde wees.
  4. Inskrywings kan in Afrikaans of Engels wees.
  5. Inskrywings moet getik wees en elektronies ingestuur word aan skryf2018@byderhand.net met die onderwerp duidelik gemerk as “Skryfkompetisie”, gevolg deur die skrywer se naam.
  6. Verhaalinskrywings moet foto (kop en skouers) en ’n kort biografiese beskrywing van die skrywer en verbintenis met Potchefstroom insluit (nie meer as 100 woorde nie). (Sien Byderhand Rusplekstories vir voorbeelde.)
  7. Wenverhale word opgeneem in die Byderhand-versameling en kan in De Jonge Akker gelees word. Skrywers van die wenverhale ontvang ook ‘n etebewys van De Jonge Akker.
  8. Pryse en plasings op die Byderhand-webruimte word slegs toegeken as die inskrywings se gehalte dit regverdig.
  9. Geen kommentaar word op individuele inskrywings gelewer nie.
  10. Die organiseerders sal met die skrywer in verbinding tree indien ’n kortverhaal goedgekeur word of aangewys word as ’n wenner.
  11. Die organiseerders behou die reg om verhale voorwaardelik goed te keur. Dit wil sê voorstelle ter verbetering kan gemaak word, waarna skrywers verhale opnuut kan instuur. Die organiseerdeers behou die reg om nuwe verhaalweergawes steeds af te keur.
  12. Redigering van aanvaarde verhale word in samewerking met die individuele skrywers behartig.
  13. Die skrywer behou kopiereg van die verhaal.
  14. Kragtens die Wet op Outeursreg is enige vorm van plagiaat ’n strafbare kriminele oortreding.
  15. Skrywers gee aan die organiseerders (Byderhand) die reg tot reproduksie van die verhale in enige media (bv. teks, foto’s, klank, bewegende beelde, digitaal, ens.) en die reg om dit te publiseer in toepaslike publikasies, insluitend maar nie beperk tot katalogi, interaktiewe DVD, tydskrifte, koerante, die Internet, en ander publikasies wat uit die projek mag voortvloei. Erkenning sal deurgaans aan die skrywer van die werk gegee word.
  16. Skrywers gee aan die organiseerders die reg om die verhale vir akademiese en navorsingsdoeleindes te gebruik. Erkenning sal deurgaans aan die skrywer van die werk gegee word.
  17. Byderhand is ‘n interdissiplinêre navorsings en kreatiewe projek onder leiding van die Vakgroep Skryfkuns, NWU. Vir meer inligting oor die projek, besoek die webtuiste: www.byderhand.net
  18. Navrae: skryf2018@byderhand.net

  

Advertisements

“En die beste ding was dat alles by my skool gebeur het…”

HTS_Dscn3888Op die spoor van die Dwaalverhaal.
‘n Byderhandprojek met leerders van HTS
.

In Mei 2016 het ‘n groepie leerders van HTS deelgeneem aan ‘n unieke lees- en skryfervaring op die skoolterrein en die Dwaalverhaal laat herleef.

Die groep graad 11 en 12 leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem, het vir drie agtereenvolgende weke ‘n middag ná skool entoesiasties deelgeneem aan die spesiale Byderhandprojek. Die projekleier, Franci Greyling, en die skrywer van die Dwaalverhaal, Hans du Plessis, is bygestaan deur drie Skryfkunsstudente, Hanke de Kock, Henlu Snyman en Adam Lehmann.

Week 1: Op die spoor van die Dwaalverhaal

Voor die eerste ontmoeting het die leerders o.l.v. Afrikaansonderwysers, mevv. Marieta Basson en Elsa Roux, die teks van die Dwaalverhaal – Die Misverstand – gelees. Hulle was dus goed voorberei vir die ontmoeting met die skrywer en die Byderhandspan. Hier is die ervaring in die deelnemers se eie woorde:

HTS_Dscn3814  HTS_Dscn3813
“Dit was baie interessant om te hoor wat het die prof te sê oor sy boek.” (Onalenna Oliphant)
HTS_Dscn3816
  HTS_Dscn3819
“Hier het ek gesukkel om die QR-Code Reader te laai, want my foon het nie spasie gehad nie ;-). Ona het ook gesukkel, maar toe ek reg was het ek die QR-Code Reader vir haar met Share It gestuur.” (Letlotlo Phanyane)HTS_Dscn3821  HTS_Dscn3824
“Ek het die eerste QR-code gescan.” (Lerato Setshwaro)
“Die  video’s is eintlik lekker! Die dwaalverhaal idee is briljant.” (Malesela Marotola)
HTS_Dscn3830  HTS_DSCN3828
“Dit was die eerste keer dat ons die video van die twee meisies op die internet sien. Dit was baie interessant, want dit was by dieselfde boom. Dit was die begin van ‘n baie lekker storie en ons was baie dankbaar om Oom Hans te sien.” (Bakang Diphoko)
“Ek lees Die misverstand en Rea luister na my.” (Boniwe Sindwa)

HTS_ DSCN3859  HTS_Dscn3861
“Ek het vir Oom Hans du Plessis gevra hoekom hy die storie van die spoke geskryf het.” (Setsibe Diseko)
“Besig om toneel 4 te lees. Dit was toe Marni en Bea by die snoepie ontmoet het. Dit het toe meer interessant geword om nader aan die einde en ook die blyplek van Bea te kom.” (Richoline Matras)
HTS_Dscn3851  HTS_Dscn3864
“Ons was besig om die storie te lees. Dit was lekker om saam met my vriende te werk.” (Zanele Damaneyt)
HTS_Dscn3846  HTS_Dscn3853
“Ek het die voetstap van die spook gehoor en ‘n baie interessante video gekyk.” (Lerato Setshwaro)
“As ek Bea was, sou ek nie hier gekom het nie as ek geweet het dat daar ‘n spook is.” (Mpho Bosiu)
HTS_Dscn3871  HTS_Dscn3883
“Ek het gedink oor die spook en was baie bang.” (Thabang Tloome)
“Ons was net nou klaar om die stukkie op die internet te lees en ‘n deel van die video te kyk. Toe kry ons die vraag oor waar Bea gebly het. Op daardie oomblik het ons gedink oor waar sy kon gebly het. Ek en Bakang gebruik die internet om die antwoord te kry. Setsibe gebruik die stuk wat die onderwysers vir ons gegee het.” (Amogelang Dilape)
HTS_DSCN3899  HTS_Dscn3901
“Hier was ons baie opgewonde om ‘n foto saam met Bea en Marni te neem.” (Onalenna Oliphant)
“Ek was baie bly om langs Marni en Bea te staan :-).” (Letlotlo Phanyane)
“Hulle het altwee nee gesê :-(.” (Reabetswe Mokgoro)

“Die Dwaalverhaal was pragtig! Ek het nog nooit in my lewe gedink aan so ‘n tipe storie. En die beste ding was dat alles by my skool gebeur het.” (Reabetswe Mokgoro)

Week 2: Om self te skryf…
HTS_Copy - DSCN4055  HTS_Copy - DSCN4062
“Die professor wys ons hoe maklik dit is om ‘n storie te skryf.” (Mpho Bosiu)
“Ek konsentreer baie hard.” (Boniwe Sindwa)HTS_Copy - DSCN4066  HTS_Copy - DSCN4069
“Ek het buite die koshuis gesit en probeer dink wat om oor te skryf.” (Boniwe Sindwa)
“Die dapper huis! Ek was by die ingang van Fickhuis, die seunskoshuis. Om hier te bly, moet jy ‘n hart van ‘n leeu hê.” (Bakang Diphoko)HTS_Copy - DSCN4078  HTS_Copy - DSCN4092      “Beplanning van my storie.” (Lerato Setshwaro)
“Ek beplan my storie: My eerste onderskeiding. Ek het my spinnekop begin maak.” (Amogelang Dilape)
HTS_Dscn4060  HTS_Dscn4068“Besig om my eie verhaal te skryf” ;-). (Onalenna Oliphant)
“Ek het geskryf oor die skoolbus, want ek wil dit eendag bestuur. Maar ek het nie geweet wat om te skryf nie.” (Thabang Tloome)

Week 3: Ons eie stories orals op die skoolterrein

HTS - DSCN4125  HTS- DSCN4155 HTS - DSCN4128  HTS - DSCN4133 HTS - DSCN4136  HTS - DSCN4140 HTS - DSCN4148  HTS - DSCN4163
Op die spoor van die dwaalverhaal was: “Briljant. Uitstekend. Ongelooflike ervaring. ‘n Baie interessante ervaring. Doodlekker. ‘n Wonderlike ervaring. Ongelooflik. Briljant, doodlekker, puik en ongelooflik. Verskiklik lekker. Die spook kom! Dankie Byderhand!”

Tuinverse leef voort op selfone en rekenaars van studente

Skryfkunsstudente van die Noordwes-Universiteit doen in die eerste semester van hulle tweedejaarstudie ’n module in die skryf van gedigte.

Een van hulle eerste opdragte is om ’n liriese gedig te skryf. Tipies van ’n liriese gedig is die vertolking van die emosies of besinnings wat die “ek” van die gedig self ervaar. Dit gaan heel dikwels oor die stemminge wat by die liriese subjek (die “ek”) opkom by die aanskoue van mense, gebeure of natuurverskynsels.

Die meerderheid van die gedigte wat in die Tuinverse-digitale-installasie in die Noordwes-Universiteit se Botaniese Tuin te sien en aan te hoor is, is juis kenmerkend liries van aard (vertel byvoorbeeld nie ’n verhaal nie). Dié installasie was deel van die Byderhand-leesfeesprojek wat in September 2015 op die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees geloods is, en die ATKV-Aartvark-prys vir Grensverskuiwende Werk gekry het na afloop van die kunstefees.

bt_skrk211_k

’n Ideale geleentheid het sodoende vroeg in vanjaar se tweedejaarsmodule in Skryfkuns ontstaan vir die studentedigters om as ’t ware ’n klas oor liriese natuurpoësie in die Botaniese Tuin te gaan beleef.

bt_skrk211_2_k

Deur die QR-kodes wat oral by wyse van plakkers op bankies in die Botaniese Tuin aangebring is, met ’n QR-leser op hulle selfone af te tas, kon hulle digitaal toegang kry tot die installasiegedigte (wat ook kinderverse ingesluit het). Hulle kon die tuinverse lees, na voordragte of toonsettings daarvan luister, of kyk hoe die gedigte digitaal geanimeer en gemanipuleer is. Al die Tuinverse het, soos die installasietitel al sê, met die NWU se Botaniese Tuin en die verskynsels daarin te doen gehad.

bt_skrk211_3_k

Daarna was dit tyd vir die studente om elk self ’n liriese gedig te gaan skryf. Ook in hulle gedigte moes daar iets van die (botaniese) tuingegewe ter sprake kom.

bt_skrk211_4_k
bt_skrk211_5_k

  • Bernard Odendaal
    Februarie 2016