ATKV-Aartvark-prys vir grensverskuiwende werk

Die ATKV-Aartvark-prys vir grensverskuiwende werk is toegeken aan die woordkunsprojek Byderhand, wat aangebied is in die botaniese tuin, by die Boeke-oase en by die Hoër Tegniese Skool Potchefstroom. Die prys is R15 000 en ’n beeld van Sanna Swart.

Byderhand-354x235

In Byderhand, ’n projek aangebied deur die Vakgroep Skryfkuns aan die NWU, kry poësie, kort- en kinderverhale en ’n spookstorie gestalte in ’n digitale era buite die raamwerk van woorde op papier. Bowenal word die omgewingspesifieke moontlikhede wat digitale tegnologie bied ten beste aangewend. Lesers kry die geleentheid om interaktief in kontak te tree met skrywers se werk – om die werk te lees, te hoor en in sommige gevalle na animasie en toonsettings van die werk te kyk en te luister.

Beste-produksie-354x235  Gewildste-produksie-354x235

Twee produksies het uitgetroon tydens die oorhandiging van pryse op vanjaar se Clover Aarklop Nasionale Kunstefees – die klassieke Moeder Moed en haar kinders en die eietydse Son. Maan. Sterre.

Moeder Moed en haar kinders het die Clover Soveel Beter-prys vir die beste aanbieding (R60 000) ingepalm en Jerry Mofokeng het die OFM-prys vir beste regisseur (R15 000) gewen.

Dit het ook duidelik geblyk dat Laurika Rauch se teruggekeer na Aardklop, ná ’n afwesigheid van nege jaar, met ope arms en opgewondenheid deur feesgangers ontvang is. Nie as ek sing nie ­– Laurika Rauch het die Clover Soveel Beter-prys vir gewildste aanbieding, ter waarde van R40 000, gewen.

Son. Maan. Sterre. het weggestap met die Clover Soveel Beter-prys vir beste akteur en die Clover Soveel Beter-prys vir beste aktrise, albei ter waarde van R15 000. Wilhelm van der Walt het dit gekry vir sy vertolking van Ollie en Tinarie van Wyk Loots het dit gewen vir haar vertolking van Megan, sowel as vir haar vertolking van Mariaan in Hemelruim.

Saam met Moeder Moed en haar kinders is nog twee stukke benoem in die kategorie beste aanbieding: Son. Maan. Sterre.en People Are Living There.

Moeder Moed is deur die beoordelaars beskryf as ’n produksie sonder weerga en wat met flair al die registers trek – dié van kabaret, drama, patos en komedie; ook ten opsigte van dekor en kostuums en spel wat deurgaans goed is.

Geskryf as Mutter Mut und ihr Kinder deur die Duitse dramaturg Bertolt Brecht tydens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, verbeeld dié drama die mens se tweeslagtige houding jeens oorlog. Moeder Moed is die smous wat met haar wa en drie kinders munt slaan uit die oorlog en wat terselfdertyd diep deur die oorlog gekwes word. Saartjie Botha het die vertaling gedoen.

Volgens die beoordelaars blaas Mofokeng nuwe lewe in ’n klassieke stuk. Waar Brecht gefokus het op historiese konflik bied Mofokeng ’n blik op die universaliteit van die verskrikking van oorlog. Dit bewerkstellig hy onder meer deur ’n klankbaan wat ’n parallelle werklikheid skep – dié van grommende helikopters, runnikende perde en wegtrekkende motors. Hy skep poëtiese momente wat ’n mens op ’n visuele vlak bybly.

Saam met Mofokeng was die ander benoemdes in dié kategorie André Odendaal (People Are Living There) en Christiaan Olwagen (Son. Maan. Sterre.).

10928879_1070295442983193_4828972502946095244_o  12087140_1070295472983190_4700602074907046044_o (1)

Wat die beoordelaars veral beïndruk het van Van der Walt is die manier waarop hy in Son. Maan. Sterre. oop en bloot ongesiens sy karakter ontwikkel van voorbeeldige, dog gefolterde jong man tot ’n ysingwekkende kindermolesteerder. Dis die gefikseerde glimlaggie teen die einde van die produksie wat jou snags wakker sal laat lê…

Sy medebenoemdes was Francois Jacobs (People Are Living There) en André Roothman (Moeder Moed en haar kinders).

Volgens die beoordelaars slaag Van Wyk-Loots daarin om ’n besonder veeleisende rol in sowel Son. Maan. Sterre. enHemelruim met groot gemak te vertolk. In haar vertolking van die rol van Mariaan in Hemelruim wys sy dat sy op die oog af moeiteloos van toneel tot toneel van gedaante kan verwissel: van guitige verleidster tot oorstelpde verloofde tot sterwende kankerlyer.

Die paneellede, uitgesluit vir die gewildste, was Diane de Beer, Theo Kemp, Danie Marais, Johan Myburg en Deborah Steinmair. 

 

Addendum

 VOLLEDIGE LYS VAN BENOEMDES

Clover Soveel Beter-prys vir beste aktrise

Aletta Bezuidenhout (Moeder Moed en haar kinders)

Anna-Mart van der Merwe (People Are Living There)

Tinarie van Wyk Loots (Son. Maan. Sterre. en Hemelruim)

Clover Soveel Beter-prys vir beste akteur

Francois Jacobs (People Are Living There)

André Roothman (Moeder Moed en haar kinders)

Wilhelm van der Walt (Son. Maan. Sterre.)

Clover Soveel Beter-prys vir gewildste aanbieding

Nie as ek sing nie – Laurika Rauch

Clover Soveel Beter-prys vir die beste aanbieding

Moeder Moed en haar kinders

Son. Maan. Sterre.

OFM-prys vir beste regisseur

Jerry Mofokeng (Moeder Moed en haar kinders)

André Odendaal (People Are Living There)

Christiaan Olwagen (Son. Maan. Sterre.)

ATKV-Aartvark vir grensverskuiwende werk
Byderhand

Advertisements

Wie sit hier langs my? (Taxistrips)

Dis half agt die oggend, die son skyn al skerp in jou oë en die taxi’s staan almal in ’n ry, reg om jou te neem na die show wat jy wil kyk.

“Kan ek asseblief sommer ‘n weekkaartjie kry vir die taxi’s”

“Sekerlik, mevrou. Hier is ook ‘n kaartjie vir die Taxistrips wat deel is van die Byderhand-projek.”

“Dankie, maar ek is onseker wat ek nou hiermee moet maak?”

“Mevrou, skandeer die QR-kode agter op die kaartjie om meer te lees oor die Taxistrips en Byderhand. Terwyl mevrou wag, lees die Hoe-maak-mens-plakkaat vir Byderhand.”

“Interessant, dankie.”

taxis_zoe   BH_taxi_web_2

Ja, jy het reg gesien, by die opklimpunt is daar ‘n “So-maak-mens-plakkaat”, laai ‘n  QR-kode leser af, skandeer die QR-kode en gesels saam op Byderhand 2015 se Facebook-, Instagram- en Twitter-rekening. Moenie vergeet om #Taxistrips by te voeg nie. In die taxi’s is daar verskillende karakters wat langs jou op die taxi kan sit. Khayalethu Mtshali is die kunstenaar van die karakters wat jy kan versamel. Om seker te maak jy ontmoet al 15 karakters, leer die name van die vriendelike drywers en ry deur die week op ‘n ander taxi.

taxi_binne   taxi_groet

Jy het nie ‘n weekkaartjie nodig om deel te wees van die projek nie. Indien jy ʼn kaartjie het vir die taxi dan kan jy ook die QR-kodes op die bankie wat voor jou is, skandeer en kyk wie jy ontmoet. Hierdie skep ook die geleentheid om ‘n geselsie aan te knoop met die persoon langs jou. Dalk kan hy/sy jou help met die tegnologie as jy self nog nie seker is nie. Dit is altyd lekker om nuwe mense te ontmoet tydens so ‘n feestelike geleentheid. Dit dra by tot ‘n lekker ervaring en jy geniet ook die rit in die hitte sommer meer. Kyk ook uit vir die Byderhand-helpers om jou dalk te help en te verduidelik oor hoe die hele projek werk.

   taxi_bestuurders

Spring in en kom deel in die eksperimentele projek, ‘n interaktiewe leeservaring. Die #Taxistrips is die skakelroete na die ander dele van dié projek – die #Tuinverse by die Botaniese Tuine, die #Rusplekstories by die Boeke-oase en die #Dwaalverhaal by Hoër Tegniese Skool.

  • DJ Cloete – projekassistent Taxistrips

Fotobeeld: Tuinverse digters en kunstenaars

‘n Fotobeeld van die Tuinverse digters en kunstenaars in die Botaniese Tuin.

digter_franciGreyling
Strijdom van der Merwe se eerste twee totempale in die Botaniese Tuin by Potchefstroom (TT Cloete) en Wie kwetter so? (Franci Greyling)

digter_Bernard Odendaal  digter_t_BernardOdendaal
Bernard Odendaal, subprojekleier Tuinverse: Paddaluisterbankie, Botaniese Tuin, Potchefstroom

digter_Heilna du Plooy  digter_t_HeilnaduPlooy
Heilna du Plooy: Binneblik

digter_Hans du Plessis   digter_hansduplessis_t
Hans du Plessis: Botaniesetuinsonnet

digter_heinviljoen_2  digters_heinviljoen_t
Hein Viljoen: Onder die soetdoring

digters_johanmyburg_b  digter_johanmyburg_t
Johan Myburg: Mater Hortensis

digter_Adri Breed  digters_abreed_t
Adri Breed: Skryfopdrag

digter_jansenvermeulen  digter_jansenvermeulen_t
Jansen Vermeulen: Tuinwerker: ‘n skets

digter_ruan_fourie  digter_ruanfourie_2
Ruan Fourie: verlieskuns

digter_carinavdwalt  carina_vdwalt4
Carina van der Walt: hoe Eybers & Tutu kyk

dscn4974_1000  dscn4968_k
Ihette Jacobs: Tuin van aardse luste 

digters_susansmith  digter_susansmith_t
Susan Smith: By die soetdoring

 kunstenaars_lindiliam  kunstenaars_lindiliam2
Kunstenaars, JW Longland en Lindi Nel – grafiese animasie van die tuinversies

kunstenaars_chrisvanniekerk
Chris van Niekerk, kurator van die botaniese tuin.

kunstenaars_Juansteyn
Juan Steyn, wat as inligtingstegnoloog die Byderhand-netwerk in plek gekry het.